Gee jou kunsmisprogram meer woema Gee jou veeproduksie 'n hupstoot Bou gehalte in Laat jou water beter vir jou werk P&B Kalkwerke - kalk van gehalte sedert 1924 Kyk net hoe veelsydig is P&B Kalk

 

 

 

 

 

 

 

 

 


P&B Boukalk verbeter die plastisiteit van dagha vir messelwerk. Dit maak dat 'n mens nie aanhoudend water hoef by te meng nie, die pleister kleef makliker aan die stene en laste is waterdig. Jy messel vinniger, die mure kraak nie sommer nie en water kan nie daardeur dring nie.

P&B Boukalk is elasties, daarom absorbeer dit vibrasies en klein grondtrillings as dit eers droog is.

P&B Boukalk maak pleisterwerk makliker. G'n krake of krimping nie. Dit behou sy vogtigheid, daarom sorg P&B Boukalk dat pleister nie lostrek van die stene nie.

Gooi P&B Boukalk by beton om dit sterk te maak. Die mengsel vloei beter; minder water is nodig. Gevolglik word dit kliphard en waterdig droog.

In 25 kg sakke


Concrim™ is 'n goedkoop waterdigtingspoeier wat uitsluitlik deur P&B Kalkwerke in Suid-Afrika gemaak word. Voeg net 5% daarvan by jou gewone sementmengsel om beton, pleister en sementblokke of -stene waterdig te maak vir gebruik in woonhuis- en dambou.

Concrim™ kan nie vog absorbeer nie, daarom sal dit nooit van die sement of pleister skei nie. Ervare bouers dring daarop aan.

In 24,3 kg kartonne


Niks is so natuurlik soos P&B Ongebluste Kalk nie. Dit wend maklik aan, lyk pragtig en is baie kostedoeltreffend. Met geen ander beskermende afwerking kan jy die effek van 'n afgewitte muur naboots nie. 

'n Verskeidenheid delikate pastelskakerings kan maklik verkry word deur pigmente by die Ongebluste Kalk te voeg.

In losmaat & 20 kg kartonne

Kliek hier vir 'n selfdoenwenk van P&B Kalk!

 

 


Tradisionele kenmerke, moderne wetenskap…
Nature-all bring die twee saam in ‘n duursame, aantreklike muur-afwerking wat voortdurend verhard en boonop omgewingsvriendelik is.

KLIEK EN LAAI ‘N INLIGTINGSTUK AF
(KLEIN PDF)


Dit kos so min, en doen so baie!


P&B Kalkwerke,
Posbus 2, Bredasdorp, 7280,
Suid Afrika.
Tel: +27 (0)28 424 1157,
Faks: +27 (0)28 424 1428

© Kopiereg 2002-2007
P&B Kalkwerke